Aurora (kruiser)


Aurora, vasgemeer in Sint Petersburg, Rusland
Loopbaan Sowjet era vlagRussiese Vloot
Bestel: Junie 1896
Neergelê: 23 Mei 1897
Tewaterlating: 11 Mei 1900[1]
Indiensstelling: 16 Julie 1903
Lot: Museumskip
Algemene Eienskappe
Verplasing: 6 731 t (6 625 lang ton)
Lengte: 126,8 m (416 ft 0 in)
Breedte: 16.8 m
Diepgang: 7.3 m
Aandrywing: 24 Belleville stoomketels
11 610 pk (8 660 kW)
Spoed: 19 knope (35 km/h)
Reikafstand: 7 200 km teen 10 knope (12 km/h)
Bemanning: 590[2]
Bewapening: In 1903: 8 × 152 mm kanonne
24 × 75 mm kanonne
8 × 37 mm kanonne
3 × torpedobuise (twee onderwater)

In 1917:14 × 152 mm kanonne
4 × 76.2 mm lugafweerkanonne
1 × QF 2-pond vlootkanon[3]

Aurora (Russies: Авро́ра, Awrora) is 'n Russiese gepantserde kruiser wat tans as museumskip in Sint Petersburg bewaar word. Aurora was een van drie Pallada-klas kruisers, gebou in Sint Petersburg vir diens in die Stille Oseaan. Al drie skepe van hierdie klas het tydens die Russies-Japannese Oorlog gedien. Aurora het die Slag van Tsushima oorleef en is onder Amerikaanse beskerming in die Filippyne geïnterneer, en het uiteindelik na die Baltiese Vloot teruggekeer.

Een van die eerste voorvalle van die Oktober-rewolusie in Rusland het op die kruiser Aurora plaasgevind, wat na bewering die eerste skoot afgevuur het wat die begin van die rewolusie aangedui het.

  1. "History". The Cruiser Aurora. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2021. Besoek op 5 Junie 2021.
  2. "General information". The Cruiser Aurora. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2021. Besoek op 5 Junie 2021.
  3. Polenov, L.L. (1987). Крейсер «Аврора» [Cruiser "Aurora"] (in Russies). Leningrad: Судостроение. pp. 162–165.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search